• Monday, June 22nd, 2009
Jou woorde is soos takke
Jou sinne, spinnerakke.
Ek sê, “Lees vir my gidigte
Wat proe soos grond en gras en vryheid en vrugte.”
Jou oë word duiwel donker
En jy maak ‘n sirkel met jou hande om die maan.
“Ek verjaar al weer stadig,” se jy.
“Hoe kan jy dit verstaan?”

